Local NewsNewsUpdate

Vermiste Polokwane tiener gevind

Ruan Christopher Boshoff (19) van Rietfontein-kleinhoewes buite Polokwane is gister tussen 13:00 en 14:00 laas deur sy ma gesien.

7 Februarie 13:30

‘n Familievriend het aan Observer bevestig Ruan is gevind en in ‘n plaaslike hospitaal opgeneem. Hy het genoem die seun se ma is ook ingelig en tans by hom.


6 Februarie 08:30

‘n Soektog is van stapel gestuur na Ruan Christopher Boshoff (19), Vrydag spoorloos verdwyn het.

Die tiener van Rietfontein-kleinhoewes buite Polokwane is gister tussen 13:00 en 14:00 laas deur sy ma gesien, volgens Polisie Woordvoerder, Sers Mienkie Ramakgoakgoa.

Ramakgoakgoa het in ‘n verklaring gesê Ruan is 1,4m lank en vermoedelik verstandelik gestremd.

“Hy was laas deur sy ma gesien terwyl hy middagete geëet het, maar hy het daarna verdwyn,” voeg Ramakgoakgoa by.

Ruan was laas geklee in ‘n grys en blou T-hemp en ‘n swart kortbroek.

“Polisie se soektog in die omgewing was onsuksesvol. Enige iemand wat inligting het oor waar hy mag wees, moet vir AO Peter Mangakeng by 082 728 9831, die Stop Misdaadlyn by 08600 10111 of hul naaste polisiestasie kontak,” sluit Ramakgoakgoa af.  

Related Articles

Back to top button