Local NewsNews

‘Swoeg en sweet berei jou voor vir die lewe’

Curro Heuwelkruin se nuwe drama onderwyser, Reggie Goodwin, glo drama kan jou lewenslange vaardighede leer.

POLOKWANE – Mense onderskat drama. Só meen Reggie Goodwin wat aan die begin van die jaar by Curro Heuwelkruin as drama-onderwyser vir gr. 8 tot gr.12 aangesluit het.

Reggie verduidelik ‘n mens hoef nie noodwendig ‘n ekstrovert te wees om deel te wees van ‘n dramagroep nie. “Jy moet nie baie dink nie en dit net doen. Drama raak makliker hoe meer jy dit doen en, al gaan jy foute maak,gaan die lewe aan en mense vergeet. Voorbereiding is ten alle tye baie belangrik. Hoe beter voorbereid jy is, hoe makliker raak dit.”

Hy vertel ‘n mens se grootste kritikus is hyself. Van die vaardighede wat Reggie oor die jare danksy drama aangeleer het sluit in hoe om te kommunikeer, kreatief en uit die boks uit te dink, probleem oplossing asook hoe om duidelik te praat.

“Jy gaan nie altyd doen waarvan jy hou of gemaklik mee is nie, maar dit is nodig om juis dit te doen. Mense onderskat drama; dit is harde werk en verg baie voorbereiding.”

Lesse wat sy kennisgebied hom al geleer het is om teenwoordig te wees wanneer mense praat en goeie asemhalingstegnieke te hê. “Ons noem dié aktiewe ontspanning en dit breek angstigheid al het jy senuwees nodig. Dit is goed vir oorlewing, want as dit jou nie bang maak nie, is dit nie groot genoeg nie.”

Lees meer van Reggie in vandeesweek se Polokwane Review.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group or Telegram channel.

Related Articles

Back to top button