BusinessNews

Van alles vir almal by The Steakshop

Na weke se beplanning en harde werk, het The Steakshop die afgelope naweek behoorlik fees gevier.

POLOKWANE – Dit was die eerste naweek wat hulle onder die nuwe naam besigheid gedoen het en daar was hope spesiale aanbiedinge vir kliënte.

As deel van die feesvieringe het musikante Will Jordan, Juba en Pieter Koen kliënte met bekende treffers vermaak. Will was Donderdagmiddag daar terwyl Juba die volgende dag voete behoorlik laat jeuk het met sy The Steakshop-lied. Saterdagoggend was Pieter Koen aan die beurt en hy het vroeg reeds om verskoning aan die bure gevra, nadat hy met sy Tattoo-lied sy stem opgewarm het. Daar was stalletjies van verskaffers en groot pryse om te wen.

The Steakshop het ook gesorg vir iets te ete terwyl daar na die kunstenaars geluister word. Ander vermaak het ingesluit perdritte vir oud en jonk en ook ‘n meganiese bul wat kliënte kon aanvat.

https://www.citizen.co.za/review-online/450436/in-pictures-out-with-vleislapa-in-with-the-steakshop/

The Steakshop was voorheen bekend as Vleislapa Welgelegen en alhoewel die naam verander het, het niks anders verander nie. “Dit is steeds dieselfde eienaars en personeel en ons verskaffers bly ook dieselfde. Ons kan nou ook spog met ons eie webwerf waar kliënte hul bestellings kan plaas, betaal en ons lewer dit af,” sê eienaar Jacques van Tonder.

Jacques het jare gelede die winkel saam met sy pa, Erhens en ma, Petro, begin en sy vrou, Amanda, het ook deel geword van die slaghuisfamilie. Hulle beloof steeds om varsprodukte van hoë gehalte te verskaf.

“Ons doel is om net die beste produkte en dienste aan ons kliënte te verskaf. Die kwaliteit vleis word daagliks gesny, wors en maalvleis word daagliks gemaak en die vrugte en groente is so vars as wat dit moontlik kan wees. Ons glo in bestandele van hoë gehalte en dit beteken ons gekookte maaltye en pastas is ongelooflik lekker. Sommige van die koeke, terte en kleiner lekkernye word daagliks deur ons gemaak, en ander word by die beste verskaffers aangekoop.”

Benewens vleis en ander etes wat gekoop kan word, word daar ook speserye van die hand gesit en jagters kan karkasse na The Steakshop neem om bewerk te word. maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group.

Related Articles

Back to top button