Local NewsNews

Maak kinders se harte bly hierdie Feesseisoen en help The Finary

The Finary het reeds 150 behoeftige kinders geïdentifiseer, wie hulle graag hierdie Feesseisoen wil bederf, maar benodig 'n borg om hierdie 'n realiteit te maak.

POLOKWANE – Met die Feesseisoen om die draai is daar verskeie kinderhartjies wat hoop om hierdie Kersfees ‘n geskenk te ontvang – al is dit net nuwe skoolskoene of selfs ‘n sjokolade.

Felecia Nigrini en Mari Hough van The Finery het besluit om vanjaar ‘n paar kindersharte gelukkig te maak deur vir hulle spesiale pakkies op te maak. “Ons benodig borge om vir hulle ‘n lekkergoedpakkie op te maak met ‘n koeldrank, suiglekkers, skyfies en ander soetgoed. Saam in die pakkie is ‘n Sub Game – ‘n toestel met 400 speletjies waarmee hulle hulself kan besig hou. Die speletjies is opvoedkundige van aard.”

Daar is reeds tehuise en skuilings met ongeveer 150 behoeftige kinders geïdentifiseer. “Ons wil probeer om hulle Kersfees ‘n gelukkige een te maak, een van hoop en omgee. Ons wil hê hulle moet glo en vertrou dat alles weer beter sal word.”

Daarmee saam is enige ander skenkings soos klere, komberse, skoene, kouse, skryfbehoeftes en speelgoed welkom. Selfs badkamerbenodighede of net ‘n sagte teddiebeer sal waardeer word.

Diegene wat finansieel tot die projek wil bydrae kan ‘n betaling in die volgende rekening maak:

Capitec: Spaarrekening

Rekeningnommer: 1510700429,

Takkode: 470010.

Gebruik slegs jou naam as verwysing.

Indien jy items wil skenk, stuur ‘n WhatsApp boodskap aan Felecia by 079 502 3222.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group.

Related Articles

Back to top button