Local NewsNews

Elandi Dokter glimlag weer na motorbotsing

Elandi was op Sondag, 18 Oktober in 'n motorbotsing betrokke toe sy op pad terug van Lephalale na Polokwane was.

POLOKWANE – Die plaaslike diereverpleegster, Elandi Dokter (33) wat in die Life Wilgers Hospitaal in Pretoria aansterk, is wakker.

Haar suster, Martinet de Bruyn, het Vrydagoggend die goeie nuus op Facebook gedeel en bevestig dat Elandi nie meer gesedeer is nie.

“Donderdag was Landi nog onder sedasie en op die ventilator, maar sy het later die middag wakker geword en goed gereageer. Sy kon nog nie praat nie as gevolg van die ventilator,” sê Martinet.

Vrydagoggend is vriende en familie verras met ‘n foto van Elandi waar sy glimlag en wys alles is reg. Sy het steeds pyn en na ‘n sessie met ‘n fisioterapeut was sy uitgeput. Sy is steeds in die intensiewe sorgeenheid.

“Die verpleegster het verduidelik dat Elandi se lyf nog aanpas met al die medikasie, maar dat sy binne die volgende paar dae anders sal reageer. Sy het Maandag weer ‘n operasie aan haar gewrig ondergaan.”

Elandi was op Sondag, 18 Oktober in ‘n motorbotsing betrokke toe sy op pad terug van Lephalale na Polokwane was. Sy is na die Life Wilgers Hospitaal geneem waar sy in die intensiewe sorgeenheid opgeneem is. Martinet het ‘n WhatsApp-groep gestig om vriende en geliefdes op hoogte te hou met Elandi se vordering.

Sy het Woensdag, 25 Oktober ‘n operasie aan haar bo-arm ondergaan waartydens dokters haar humerus met chirurgiese metaalplaat en penne geheg het.

Bankbesonderhede vir finansiële bydraes:
E Dokter
Standard Bank
Rekening nommer: 282151680
Tak: 051001
Swift kode SBZAZAJJ

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group.

Related Articles

Back to top button