Gemeenskap maak harte, beursies oop om Chardoné te help

Chardoné van Greunen (12) sukkel sowat agt jaar met haar neus wat konstant bloei en het R13 000 benodig om 'n operasie te ondergaan.

MOKOPANE – Hulp het binne 48 uur ingestroom vir die 12-jarige Chardoné van Greunen wat op Woensdag, 4 November ‘n operasie moet kry om die obstruksie in haar sinuskanale te verwyder.

Chardoné sukkel reeds vir sowat agt jaar met haar neus wat konstant bloei. Nadat ‘n fonds vroeg hierdie week gestig is, het die gemeenskap hulle harte en beursies begin oopmaak en die nodige fondse het begin instroom om die meisie te help.

Jacoeliene Krause, Chardoné se ma, sê dat die operasie R13 000 gaan kos en die gesin het nie ‘n mediesefonds nie. Teen Woensdagaand het die noodfonds op ‘n totaal van R5 800 gestaan en teen Donderdagoggend was die hele bedrag ingevorder.

Trane van blydskap en verligting het gevloei en die gesin bedank almal wat bygedrae het om vir Chardoné te help.

Lees die volledige storie in vandeesweek se Bosveld.

bosnews@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group.
Exit mobile version