Local NewsNews

[VIDEO] SAVF Martha Hofmeyr: Oud maar nog lank nie koud

Inwoners en personeel het die #JerusalemaDanceChallenge aangepak nadat hulle aan verskeie kompetisies deelgeneem het.

POLOKWANE – Die klanke van bekende treffers soos Maria se Clap your hands, stamp your feet kon vanoggend vanuit SAVF Martha Hofmeyr se saal gehoor word.

Inwoners het aan verskeie kompetisies; dans, sang, voorlesing en kuns, deelgeneem en daar was hope pret vir almal. Boude was geskud, hande was geklap en inwoners en personeel het vrolik saamgesing.

Die bekende #JerusalemaDanceChallenge was ook deur drie van die inwoners en sommige personeel aangedurf.

Twee inwoners, Hannie Venter en Albert Malahlela het gedigte opgesê terwyl die musiek feitlik almal in die saal se voete laat beweeg het.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group.

Related Articles

Back to top button