Kruinies groet 2020 in oud Westerse-styl

Vir die eerste keer in baie jare het Curro Heuwelkruin se matriekafskeid nié by hul gebruiklike venue plaasgevind nie, maar by Grounded Container Bar.

POLOKWANE – Leerders en hul metgeselle het almal vir drankies by die skool bymekaargekom waarna hulle per bus na Container Bar geneem is.

Hier was die atmosfeer die van ‘n egte oud Westerse dorpie, kompleet met “Wanted”-plakkate, sigare, dinamiet en selfs goudmunte. Tydens die fees is daar ook pryse aan die gr. 12’s vir hul harde werk die laaste paar moeilike maande toegeken.

Li-Mari du Plooy ontvang die jaar die Kruinie Guts trofee. Die trofee gaan aan die Kruinie wat altyd aan alles deelgeneem het, wat altyd bereid was om hard te werk en in alles haar bes gedoen het om die skool se naam hoog te hou.

Tyron Serrandinho ontvang die Du Par Excellence Shield vir die top akademiese presteerder van 2020.

Ander pryswenners:
• Yvonne Claassens word aangewys as gr. 12 vakwenner in IGO en lewensoriëtering, akademie met die hoogste lof en Akademie tot vyf.
• Jessica Dos Ramos Abreu ontvang ‘n beloning vir uitstaande prestasie in akademie en ‘n sertifikaat vir provinsiale klere in dans.
• Daniel Engelbrecht word aangewys as gr. 12 vakwenner geografie en uitsonderlike prestasie in akademie.
• Elanie Engelbrecht ontvang ‘n prys vir een jaar 100% skoolbesoek en akademie met die hoogste lof.
• Bukhulu Godlwana ontvang ‘n prys vir spesiale prestasie in akademie.
• Tharina Hartman ontvang ‘n prys vir akademie met hoogste lof 2020.
• Clarise Jacobsz ontvang ‘n prys vir een jaar 100% skoolbywoning.
• Deon Kriel ontvang pryse vir een jaar 100% skoolbesoek en akademie met hoogste lof 2020.
• Jordan Macheka ontvang ‘n spesiale prestasie in akademie en een jaar 100% skoolbywoning.
• Amogelang Kgothatso Maleka word aangewys as gr. 12 vakwenner in landbou wetenskap, twee jaar 100% skoolbywoning en besonderse prestasie in akademie 2020.
• Danae Marais ontvang pryse vir vakwenner in Afrikaans Huistaal, Engels eerste addisionele taal, akademie met die hoogste lof. Sy ontvang ook ‘n prys vir hengel waar sy as eerste in die jong meisie oewer visvang afdeling gekies is.
• Tshinakaho Karabo Monyemangene ontvang ‘n prys vir spesiale prestasie in akademie.
• Keanu Paulo ontvang ‘n prys vir uitstaande prestasie in akademie en twee jaar 100% skoolbywoning.
• Ofentse Phogole is in die top vyf en vakwenner vir wiskunde en rekeningkunde. Sy ontvang ook ‘n prys vir uitsonderlike prestasie in akademie.
• Lara Prenzler ontvang ‘n prys vir akademie met hoogste lof.
• Andani Ramatsea ontvang ‘n toekenning vir vyf jaar 100% skoolbywoning en ‘n prys vir uitsonderlike prestasie in akademie.
• Natalie Rentroia ontvang eervolle vermelding vir akademie.
• Elle Sambois in die akademiese top vyf en ontvang ‘n toekenning vir uitsonderlike prestasie in akademie.
• Tyron George Serradinho is in die akademie top vyf en vakwenner vir fisiese wetenskap en lewenswetenskap. Hy ontvang die prys vir een jaar 100% skoolbywoning en buitengewone prestasie in akademie.
• Juan Smith is vakwenner in wiskundige geletterdheid en ontvang die Rektorsmedalje vir 12 jaar 100% skoolbywoning. Hy ontvang ook ‘n prys vir akademie met lof en kwalifiseer vir die Limpopo Tennis span, maar lockdown het die toernooi ongelukkig met ‘n kishou gewen.
• Grant Steynberg ontvang ‘n prys vir een jaar 100% skoolbywoning en akademie met lof.
• Wian van Vuuren ontvang die Rektorsmedalje vir 12 jaar 100% skoolbywoning
• Francois Jaco Van Wyk is in die akademiese top vyf, vakwenner in besigheidstudies, English Home Language, IT, Afrikaans eerste taal. Hy het ook een jaar 100% skoolbywoning prys ontvang en die prys vir uitsonderlike prestasie in akademie.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group.
Exit mobile version