MOKOPANE – Om Erfenisdag te vier het Afriforum se Potgietersrustak bome aan twee skole in die dorp geskenk.
Lede van die tak het Laerskool Krugerpark se speelgrond opgekikker met n Rooi Essenhoutboom asook ‘n Appelblaarboom, terwyl die CVO-skool Potgietersrus ‘n Geelhoutboom op hulle terrein gekry het.
Beide skole het hulle dank uitgespreek aan die lede vir die plant van die bome.