[KYK] Honderde byeen om Lizette Deacon en haar ma te onthou

Talle inwoners was vroeër by Ocean Basket Mall of the North vir 'n vreedsame protes en Review het met van die betrokkenes gesels.

POLOKWANE – Die protes volg op die moord van Ocean Basket se eienaar, Lizette Deacon en haar ma, Hettie. Hulle lyke is gisteraand op die R37, vermoedelik in Deacon se voertuig, gevind.

Een van die organiseerders, Adele van der Linde, het aan Review vertel dat sy geskok was toe sy vanoggend die nuus gehoor het.

“Ek is moeg. Ek is gewoonlik saam met die LUR wanneer sy besoek aflê waar vroue vermoor is, soms lukraak en ander kere deur mense wat hulle geken en lief voor was. Dit is tyd dat ons iets moet doen. Sommige mense vra aan my ‘hoekom nou?’, en dan sê ek vir hulle; ‘Hoekom juis nie nou nie?’,” vertel Van der Linde.

Review het met van die betrokkenes gesels.

Pretorius sê sy is vreeslik hartseer en woedend oor die gebeure. “Mense wat onskuldig is word vermoor. Ons moet hande vat en vir die regering sê dat hierdie nie meer kan gebeur nie. Ons is besig om hierdie land te vernietig, ons jongmense is besig om die land te verlaat en sien nie meer ‘n toekoms hier nie. Ons gaan ons kinders verloor,” het sy gesê.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group.

Exit mobile version