Local NewsNewsUpdate

Van Zyl-moord: Drie verdagtes weer Oktober in die hof

'n Konvooi van trokke, trekkers, bakkies asook perde het vanoggend in ‘n vreedsame betoging by die landdroshof in Mookgophong byeengekom. Video's en foto's hier:

18 Augustus 12:32

Die drie verdagtes het op aanklag van huisroof, poging tot moord, moord, besit van gesteelde goedere asook besit van ‘n onwettige vuurwapen en ammunisie in die landdroshof in Mookgophong verskyn.

Hulle saak is tot 7 Oktober uitgestel weens ‘n mediese versoek deur een van die beskuldigdes.

Die voorsitter van die Potgietersrus Distrik Landbou Unie, Floris Booysen, het almal wie aan die vreedsame betoging deelgeneem het, bedank.

“Dankie dat jy in solidariteit is met landbou. Dankie dat jy die Van Zyl-egpaar bystaan.”

Foto: Reint Dykema
Foto: Reint Dykema

18 Augustus 10:44

LIMPOPO – ‘n Konvooi van trokke, trekkers, bakkies asook perde het vanoggend in ‘n vreedsame betoging by die landdroshof in Mookgophong opgetrek.

Drie verdagtes, tussen die ouderdom van 28 en 32 jaar, verskyn op aanklag van die moord op Alwyn van Zyl.

Lees ook: Trokke, trekkers, bakkies Dinsdag buite Mookgophong Landdroshof verwag

 

Van Zyl is Vrydag, 20 Maart op sy plaas, Badseloop buite Mookgophong vermoor. Hy is saam met sy vrou, René, deur vier mans oorrompel en vasgebind. René het haarself losgewikkel en daarin geslaag om na die werkers se woonkwartiere te hardloop om hulp te ontbied. Van Zyl het egter aan sy beserings beswyk.

Die verdagtes word aangekla vir huisroof, poging tot moord, moord, besit van gesteelde goedere asook besit van ‘n onwettige vuurwapen en ammunisie. Die verdagtes het kort daarna in die plaaslike landdroshof verskyn en die saak is uitgestel. Tydens hul tweede hofverskyning is die verdagtes se borgaansoek geweier.

Boere en gemeenskapslede wat deelneem aan die optog word aangeraai om alle padreëls te gehoorsaam asook om steeds die Covid-19 veiligheidsregulasies na te kom.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 066 326 2011

Related Articles

Back to top button