Local NewsNews

Trokke, trekkers, bakkies Dinsdag buite Mookgophong Landdroshof verwag

Boere en ander gemeenskapslede beplan ‘n vreedsame betoging wanneer die verdagtes in die moordsaak van Alwyn van Zyl (78) gaan verskyn.

LIMPOPO – Boere en ander gemeenskapslede gaan op Dinsdag, 18 Augustus weer in hulle trokke, bakkies en trekkers saamtrek en ry na waar die verdagtes wat aangekla is op die moord van Alwyn van Zyl, in die Mookgophong Landdroshof verskyn.

Van Zyl is op sy plaas, Badseloop buite Mookgophong op Vrydag, 20 Maart in ‘n plaasaanval vermoor. Hy is saam met sy vrou, René, deur vier mans oorrompel en vasgebind. René het haarself losgewikkel en daarin geslaag om na die werkers se woonkwartiere te hardloop om hulp te ontbied. Van Zyl het egter aan sy beserings beswyk.

Die drie verdagtes, almal tussen die ouderdomme van 28 en 32 jaar oud, word aangeka vir huisroof, poging tot moord, moord, besit van gesteelde goedere asook besit van ‘n onwettige vuurwapen en ammunisie. Die mans het kort daarna in die Mookgophong Landdroshof verskyn en die saak is uitgestel. Hulle het ‘n tweede keer verskyn om aansoek te doen vir borgtog, maar is borgtog geweier.

Boere en gemeenskapslede wat deelneem aan die optog word aangeraai om alle padreëls te gehoorsaam asook om steeds die Covid-19 veiligheidsregulasies na te kom.

Bymekaarkompunte:

Roedtan: Waltkon voor die brug.

Potgietersrus R101: Ou Buffelshoek depot.

Berge/Bronne: Hoërskool Hans Strijdom.

Constantia: Hoërskool Hans Strijdom.

Nylstroom/Kontantlandgoed: Groot Maroelaboom, 1km voor die dorp.

Haakdoring:  NTK.

Naboomspruit:  Elders Veilingskrale.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 066 326 2011

Related Articles

Back to top button