Local NewsNews

[VIDEO’S] Plaasaanval: Emosies loop hoog buite hof in Polokwane

Twee van die mans wat aangekla is vir die aanval op 'n bejaarde egpaar in Bylsteel verlede week, verskyn vandag in die hof.

POLOKWANE – Emosies het vroeër vandag hoog geloop buite die Polokwane Landdroshof waar twee mans vandag verskyn op aanklagte van die besit van ongelisensieërde vuurwapens en ammunisie, en die besit van gesteelde goedere.

Die twee verdagtes, onderskeidelik 29 en 38 jaar oud, is ook aangekla vir die aanval op ‘n bejaarde egpaar op ‘n plaas in Bylsteel op Woensdag, 5 Augustus.

Hulle het op Vrydag, 7 Augustus in die Morebeng Landdroshof verskyn op afsonderlike aanklagte van huisroof en verkragting, en is borgtog geweier. Hierdie saak is tot 14 Augustus uitgestel.

Vandag het inwoners van regoor die provinsie by vier van die ingange na Polokwane bymekaargekom en in ‘n konvooi voertuie, vragmotors en trekkers na die hof gery in vreedsame protes teen plaasmoorde in Suid-Afrika.

https://www.citizen.co.za/review-online/438440/watch-hundreds-rally-together-as-dendron-farm-attack-suspects-appear/

Die bejaarde egpaar is Woensdag omstreeks 01:00 in hul huis aangeval. Die vrou is volgens verslae verkrag en haar man erg aangerand. Sy is ook tydens die voorval in die been geskiet. Nog ‘n inwoner, ‘n 96-jarige vrou, het geen fisiese beserings opgedoen nie.

Drie verdagtes is Woensdag ure na die aanval op die R101 deur die polisie in hegtenis geneem nadat lede van die snelwegpatrollie-eenheid hulle op die Matala-pad gewaar het.
“Die polisie het die voertuig probeer stop, maar die verdagtes het weggejaag en ‘n jaagtog het gevolg. Die verdagtes is toe op die R101 suid van Polokwane vasgekeer,” het ‘n Polisiewoordvoerder, Motlafela Mojapelo, bevestig.

Tydens die voorval is twee van die verdagtes gearresteer en ‘n derde, wat op beamptes geskiet het, is geskiet en gewond.

Die man is in die hospital opgeneem waar hy later aan sy beserings beswyk het. ‘n Vierde verdagte is intussen ook in hegtenis geneem en sal by die ander twee verdagtes aansluit op aanklagte van sameswering tot huisroof, verkragting en die besit van ongelisensieërde vuurwapens en ammunisie. Aldus Mojapelo het dié man die aanval vermoedelik beplan: “Dit wil voorkom of hy inligting gehad het oor wat op die plaas aangegaan het”.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 066 326 2011

Related Articles

Back to top button