Skole ‘speel’ virtuele rugby: Kyk wie dring deur na volgende ronde

Die BDCE Campus Cup-kompetisie het 256 skole die kans gegee om deur middel van ‘n Facebook-stemming weg te stap met R15 000 se kontant.

POLOKWANE – Skolerugby is ‘n groot deel van enige skool se jaarlikse kalender. Ongelukkig is die kans om opponent vanjaar plat te trek maar skraal vanweë die grendeltyd, en die School of Rugby het derhalwe besluit om ‘n virtuele kompetisie te hou vir skole regoor Suid-Afrika.

Die BDCE Campus Cup-kompetisie het 256 skole die kans gegee om deur middel van ‘n Facebook-stemming weg te stap met R15 000 se kontant. School of Rugby is ‘n webwerf wat oor alle skolerugbygebeure beriggee.

Tydens die eerste ronde, wat oor twee weke gestrek het, het ‘n paar plaaslike skole teen ander skole deelgeneem. Skole is lukraak gekies en die skool met die minste stemme, het uitgeval.  Hoër Tegniese Skool Tom Naudé, Hoërskool Pietersburg, Hoërskool Piet Potgieter en Hoërskool Louis Trichardt het almal in die eerste ronde deelgeneem. PHS en Piet Potgieter het deurgedring na die volgende ronde.

Stemme open Woensdag en sluit Saterdag.

Die eerste ronde se uitslae:

Behalwe vir die R15 000 kontant is daar ook ‘n USN geskenkpak ter waarde van R8 000 wat gewen kan word. Die verloorder ontvang R10 000.

Hou PHS en Piet Potgieter se Facebook-bladsye dop om vir hulle te stem.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 066 326 2011
Exit mobile version