Local NewsNews

Hulpgroep-groentetuine gaan verskil maak

Danksy ‘n paar mense se groen vingers, kan inwoners wat nie ‘n inkomste het nie, baat

POLOKWANE – Lao Tsu het gesê as jy ‘n honger mens ‘n vis gee, voed jy hom vir ‘n dag, maar leer jy hom om vis te vang, voed jy hom vir ‘n leeftyd. Petro du Preez van die Polokwane Hulpgroep verskaf reeds jarelank kos aan minderbevoorregte mense, maar deesdae voeg sy ‘n vaardigheid by, genaamd tuinmaak.

‘n Jong inwoner van die stad, Marko Kubannek, vertel hoe dié idee sy ontstaan het.

“Ek het al hoe meer tot die besef gekom mense in ons gemeenskap kry swaar. Dit het my aan die dink gesit en ek het op die idee afgekom om groente te plant in tweeliterplastiekbottels. Ek het ‘n paar bottels met kompos gevul en plantjies gaan koop. Die oogmerk is egter dat mense hul eie groente plant. Hulle moet die groente wat hulle kry se pitte en saad vat en dit dan plant. So kan hulle hul eie tuin begin. Hulle het ook nie ‘n groot stuk gront nodig nie.”

Petro is baie in haar skik en vertel hulle het ook ou bande gekry wat onder die bottels gesit kan word.

“Hierin plant ons dan wortels en aartappels en wanneer die saad of plante in die bottels water kry, dreineer di ten word daar dus ook water gespaar. Ek maak tans gebruik van ontvangers van kospakkies wat nie ‘n vaste werk het nie, om die groente wat ek as skenkings kry, te skil en te verwerk. Die mans wat sonder werk is, gaan help met die groentetuine. Ons wil graag hê almal moet hul eie groentetuine hê.”

Indien jy ‘n skenking kan maak, kontak vir Petro by 078 453 1433.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 066 326 2011

Related Articles

Back to top button