Sewejarige het groot drome na Face of Limpopo-titel

Alexis Scholtz het in 2019 die titel van Mej. Face of Limpopo gewen en droom daarvan om eendag 'n dokter te word.

POLOKWANE – In 2019 skryf Alexis Scholtz (7) in om deel te neem aan die Talent Africa Talent kompetisie. Sy droom reeds van ‘n jong ouderdom af om ‘n model te word wat agente op die loopplanke van Parys en Milan beïndruk.

“Daar was twee rondes vir my naamlik; die streeks- en nasionale ronde. Die nasionale ronde het in Mei plaasgevind. Ons sou by die Roodepoort Teater deelgeneem het, maar aangesien ons nie mag reis nie, is die proses deur die internet voltooi.”

Alexis se eerste model kompetisie was tydens die Sekelbosfees in 2019 en nie sy of haar ma, Rita, het verwag sy gaan wen nie.

“Daar was baie ander meisies wat teen haar deelgeneem het. Toe ons hoor sy het Mej. Face of Limpopo gewen, was dit die beste gevoel ooit. Lex was in haar element en spog by almal met haar goue medalje, sertifikaat en sash,” vertel die trotse Rita.

“Ons kan nie wag vir die grendeltyd om gelig te word sodat sy aan meer kompetisies kan deel neem nie. Sy gaan beslis weer inskryf vir Talent Africa.”

Behalwe van die modewêreld in Milan, droom Alexis ook daarvan om eendag ‘n dokter te word.

“Ek wil graag mense gesond maak as hulle siek is. Ek hou ook daarvan om by my oupa en ouma op die plaas te kuier en my gunsteling ding om te eet sal altyd roomys wees.”

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 066 326 2011
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version