Local NewsNews

Haar oorplant-lewer is piekfyn, sê dokters

Zandré sterk nog aan by die Wits Donald Gordon Medical Centre in Johannesburg.

POLOKWANE – Na ‘n geslaagde leweroorplanting op 21 Mei, toe Santa Mocke vir haar dogter Zandré ‘n deel van haar lewer geskenk het, was die laaste week ietwat van ‘n mallemeule vol kommer en benoudheid. Zandré sterk nog aan by die Wits Donald Gordon Medical Centre in Johannesburg.

Santa is alreeds ontslaan en het by haar suster aangesterk.

Zandré het goed aangesterk. Zandré is ‘n gr.10-leerder aan PHS, en is in Maart 2017 gediagnoseer met auto-imuun hepatitis, wat die witbloedselle haar lewerselle aanval. Haar toestand het versleg en toe Zandré vir toetse opgeneem is op 7 Mei, is bevind dat sy binne die volgende vier weke ‘n leweroorplanting moet kry ten einde haar lewe te red.

Sy is gediagnoseer met ernstige hipergastropie, waarvoor sy nie medikasie kan kry nie, aangesien die toestand te ver gevorderd was. Santa is goedgekeur as skenker.

Santa is ‘n week na die operasie ontslaan, en Zandré is op 26 Mei na ‘n privaatkamer geskuif en twee dae later na ‘n gewone saal. Santa se ma het in die hospitaal agtergebly om vir Zandré te help, maar haar pa (Santa se oupa) is skielik oorlede op 1 Junie en sy moes teruggaan om haar ma te ondersteun. Santa is toe terug na Zandré in die hospitaal.

Dit het gelyk of Zandré inflammasie in haar lewer het, en sy is weer op ‘n drup gesit, en terug na die hoësorg eenheid. Sy het gegaan vir ‘n skandering en die dokters was tevrede, dus is sy terug na die gewone saal.Op 2 Junie WhatsApp Santa egter dat Zandré moet teruggaan teater toe vir ‘n biopsie om seker te maak haar lyf verwerp nie die nuwe lewer nie. Haar bloed het egter beter gelyk en sy is nie teater toe nie, maar die dokter het weer lewerfunksietoetse gedoen. Sy sou nie binne die volgende drie dae ontslaan word nie.

Later die dag rapporteer die dokter dat hulle ‘n sonar gedoen het en die sonar wys dat alles reg is. Sy moes egter steeds die volgende dag gaan vir verdere bloedtoetse en om die biopsie te doen om te kyk of alles reg is, en sy is weereens op ‘n drup met steroïdes gesit.Op 2 Junie is Zandré se lewerensieme ook bietjie hoog, en hulle het voortgegaan met die biopsie wat toe wys daar is ligte verwerping van die nuwe lewer. Maandag is daar weer ‘n sonar geneem, en geen fout kon gekry word nie, maar haar lewerfunksies was nog steeds verhoog. Al die are werk egter reg, en haar portale aar het goeie vloei.

‘n Verdere biopsie is gedoen, aangesien hulle probeer uitvind het wat haar lewerfunksies verhoog het. Hulle het steeds gedink dit kon verwerping wees, maar sou eers met die biopsie-uitslae weet of dit wel die geval is. Woensdag was haar lewerensieme se telling af en daar was nie teken van inflammasie of verwerping nie.Verdere moontlikhede, asook ‘n virusinfeksie, is uitgeskakel en daar is gehoop dat die ensiemtelling sal daal. ‘n Sekere professor Botha het haar ondersoek en hy was tevrede met Zandré se vordering. Volgens hom is verhoogde lewerensieme soms normaal, en dit daal stadig.

Tyd is nou al wat heling sal bring. Die biopsie-uitslae het bevestig dat daar geen verwerping of virusinfeksie is nie. As Zandre se bloed normaliseer behoort sy teen die einde van die week ontslaan word. Indien nie, lê daar verdere toetse voor.Santa bedank diegene wat haar ondersteun en vir hulle bid.

editor@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 066 326 2011

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button