PHS se terrein pronk danksy Anton en onderwysers

Anton Heüer is 'n opleiding- en logistieke bestuurder en mag weens die inperking nie werk nie. Hy en vyf onderwysers het besluit om die ekstra tyd op hulle hande te gebruik besluit om die skoolterrein in stand te hou.

POLOKWANE – Die aanvanklike inperktyd en nou die verdere inperking vir sekere mense is nie elke man se maat nie en almal hanteer en benader dit anders.

Anton Heüer is ‘n opleiding- en logistieke bestuurder by Paramount Aerospace Systems. Dié is by die Polokwane Internationale Lughawe geleë en hy is verantwoordelik vir die logistiek van die vliegskool asook die vakleerlingskool wat hulle daar bedryf.

“Ek is ook betrokke by die opleiding van studente rakende leierskap en bestuur. My ure by die werk is van 07:00 tot 16:00. Die nuus van die inperktyd was seker vir ons almal ‘n skok, maar as jy sien wat gebeur in lande waar dit te laat gedoen is, is ‘n mens eerder verlig dat dit toegepas was.”

Hy verduidelik hoe hy weer aan nuwe planne moes dink om besig te bly toe die verlenging aangekondig is.

“Die land se ekonomie het ook ‘n bekommernis geraak. Ek en my vrou, Annekie, bly op Hoërskool Pietersburg se perseel en so het ek en vyf onderwysers wat ook op die perseel woon, besluit om die skoolterrein in stand te hou. Dit was ‘n wonderlike plan en daar was soveel idees ons kon elke dag iets nuuts ontdek.”

Die sportvelde se gras is gesny en hulle het kunsmis toegedien en gif gespuit. Elkeen van hulle het nuwe tegniese vaardighede aangeleer om die trekkers reg te maak.

“Ons het elkeen verskillende take gedoen om die sosialeafstandreël te gehoorsaam. Ek werk gewoonlik lang ure en spandeer min tyd by die huis, so die inperktyd saam met my vrou was wonderlik. Ons stap heerlik in die aande en geniet die tyd saam. Ek het weer tot die besef gekom watter belangrike werk die korporatiewe bestuurder, die faktotum en al die terreinwerkers by die skool doen. Die projekte sou ek nooit alleen kon aanpak nie. Ek het die leiding en inisiatief geneem maar al ses van ons het dié projekte maak werk.”

Anton verduidelik aangesien hy in die vliegtuig opleidingsbedryf is sal hy moontlik eers in vlak drie of dalk twee kan terug gaan werk toe.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 066 326 2011
Exit mobile version