Local NewsNews

Laat jou Bromeliadplante blom!

Ilana Bergh, een van die lede van die Pietersburg Tuinbouklub, deel vandeesweek wenke oor hoe om Bromeliadplante tot hul reg te laat kom, met lesers.

POLOKWANE – Die Bromeliadplant is deel van die pynappelfamilie en oorspronklik van die Amerikaanse tropiese gebiede afkomstig is. In Polokwane is dit ‘n baie gewilde plant onder tuinbouers. Ilana Bergh, een van die lede van die Pietersburg Tuinbouklub, het ‘n kwekery waarin sy Bromeliads kweek en sy het met ons lesers wenke oor dié plant gedeel.

Wenke:

• Versorging en onderhoud: “Die meeste Bromeliads is epifiete of lugplante en is dus in die lug sonder enige ondersteuning, soos wanneer hulle in bome, op boomstompe en rotse groei. Tog floreer hulle ook in houers, potte en mandjies. Potte wat goed dreineer is ideaal en as die pot klein is, 15 cm, dien dit hoofsaaklik om die plante met hul fyn, digte wortelstelsel te anker. Hulle kan met gewone tuingrond gemeng word met bietjie seesand of klein klippies. Dit sal sorg vir goeie dreinering. Hulle kry slegs twee keer ‘n week water wat in die kelk gegooi word. Hulle versamel water in die kelk en hul wortels moet nie nat wees nie. Lugplante het nie kelke nie en kan twee daagliks natgespuit word.”

• Voortplanting: “Daar is twee maniere om Bromeliads te laat voortplant. Hulle kan of babas aan die moederplant maak, wat net soos die ma’s lyk, vorm of met saad voortplant. Gewoonlik blom ‘n plant na ongeveer twee of drie jaar en stoor een tot vier babas. Daarna gaan hulle stadig dood. Sodra die babas twee derdes van die grootte van die ma is, met hul eie rosetvorm, kan hulle verwyder word en in ‘n pot van hul eie oorgeplant word.
Gebruik ‘n getande, skerp mes of snoeiskêr of selfs ‘n sagie en sny die baba so na as moontlik aan die moederplant af. Probeer soveel as moontlik van die wortels behou. Die moederplant sal nog babas produseer tot sy vrek en moet dus in haar pot bly. Vul die grond net aan.

• Siektes: “Bromeliads kan van te veel water vrek aangesien hulle verrot. Te veel son kan veroorsaak dat die plant wit kolle brand en te min son kan weer veroorsaak dat hulle hul kleur verloor en groener word. Luise kom gewoonlik net voor as plante te na aan mekaar staan.”

• Insekte en peste: “Slakke is lief vir die plante so gooi slak gif om die plante, maar nie in die pot nie.”

Lees meer in hierdie week se Review oor wat sy van die plante vertel.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 066 326 2011

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button