Local NewsNews

Tafelronde 22 skenk aan dié wat dit nodig het

Lede Nelmar Smit, Casper Gilfillan en Marthinus Beukes het onlangs kospakkies by die Leeuwkuil Skuiling gaan afgee.

POLOKWANE – Die grendeltydperk strek reeds meer as 30 dae en mense se kosvoorraad raak al minder.

Daar is ook ongelukkig mense wat nou ook sonder ‘n inkomste sit.

Om die druk ligter te maak het Round Table Pietersburg 22 lede Nelmar Smit, Casper Gilfillan en Marthinus Beukes op Vrydag, 24 April kospakkies by die Leeuwkuil Skuiling gaan afgee.

Nelmar Smit en Casper Gilfillan met die kos wat hulle gekoop het.

Vision of Hope bestuur die skuiling waar daar tans 43 volwassenes en 30 kinders is.

“Ons is ongelooflik dankbaar vir die skenking,” vertel Brenda Grebe en Drienie van Wyk.

“Ons het baie skenkings nodig aangesien selfs die mense wat gewerk het nou geen inkomste het nie. Hulle kan nie eers in mense se tuine werk of ander loswerkies doen nie en dit maak dinge ekstra moeilik,” verduidelik Brenda.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 066 326 2011

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button