LUR vir gesondheid vandag by Martha Hofmeyr tehuis

Sifting en toetsing vir Covid-19 sal vandag by die Martha Hofmeyr tehuis gedoen word.

POLOKWANE – Gesondheidswerkers en bejaardes van die Martha Hofmeyr Tehuis sal vandag ‘n siftings- en toetsproses vir Covid-19 ondergaan.

Die LUR vir Gesondheid, dr. Phophi Ramathuba sal die proses waarneem en ondersteun.

Die sifting en toetsing vir die virus vorm deel van ‘n massaveldtog. Volgens Thilivhali Muavha, die LUR se Woordvoerder, is bejaardes hoogs vatbaar vir die virus.

“Die personeel, wat die susters insluit, sal gesif en getoets word om seker te maak dat hulle nie ‘n gevaar is vir die bejaardes nie,” sê Muavha.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 066 326 2011
Exit mobile version