Local NewsNews

Kerkdiens-uitsendings vanaf Sondag op JouRadio

Die bestuur van JouRadio het dit goedgedink om die luggolwe te gebruik om die boodskap tot in hul luisteraars se huise te bring.

POLOKWANE – JouRadio luisteraars sal van komende Sondag die geleentheid hê om na ‘n kerk-uitsending te luister. Die bestuur van JouRadio het dit goedgedink om die luggolwe te gebruik om die boodskap tot in hul luisteraars se huise te bring.

Divan de la Guerre, eienaar van die plaaslike radiostasie, verduidelik nie alle verbruikers het toegang tot die internet nie.

“Ons het besluit om van hierdie Sondag af ‘n spesiale uitsending van Taberna Dei gemeente om 08:00 na ons luisteraars te bring. Gedurende die week word daar ook elke dag om 09:10 ‘n boodskap uitgesaai.”

JouRadio se golflente is 91.0 FM of om aanlyn te luister besoek www.jouradio.co.za.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 066 326 2011

Related Articles

Back to top button