Local NewsNews

Oues verwelkom inperking; gee besigbly-raad

Inwoners van Martha Hofmeyer Tehuis deel hul gevoel oor die president se besluit en gee raad aan mense by ander tehuise hoe om besig te hou en positief te bly tydens die inperktyd.

POLOKWANE – Niks is so lekker soos ‘n beskas om ‘n besoek te kry van ‘n geliefde, om lekker te kuier oor ‘n koppie tee en besuit. Maar vir 21 dae gaan hierdie nie moontlik wees vir baie bejaardes by ouete huise in die stad, weens die nasionale 21 dae inperktyd wat onlangs deur President, Cyril Ramaphosa bevel is na die uitbreek van COVID-19 en die eerste sterfgeval in Suid Afrika weens die virus.

Inwoners mag nie hulle wonings verlaat nie, behalwe wanneer hulle winkels toe gaan vir noodsaaklike inkopies. Dag twaalf in die nasionale 21 dae inperktyd en bejaardes is heel positief oor die president se besluit. Inwoners van Martha Hofmeyer Tehuis deel hul gevoel oor die president se besluit en gee raad aan mense by ander tehuise hoe om besig te hou en positief te bly tydens die inperktyd.

Anne Mayers

Anne Mayers (76) sê sy is nie bang vir die situasie waarin die land nou is nie, want sy vertrou op die Here. “Ek dink die president het ‘n wyse besluit geneem. Ek hou myself besig deur te lees en breiwerk. Hierdie is ‘n goeie tyd om aan ander vaardighede te leer wat jy ken, en om by hulle weer iets nuuts te leer. As jy soos ek, hou van brei, gebruik dit om ander te leer hoe om te brei. Dit hou julle gedagtes besig en stoot tyd, terwyl julle ‘n nuwe vaardigheid leer.”
Anne voegby, as inwoners hou van lees, kan hulle ‘n boekklub begin waar hulle onder mekaar boeke leen en dan weer as groep bymekaar kom en dan die verskillende boeke wat hulle gelees het bespreek.

Poppie Liebenberg

Poppie Liebenberg (79) sê hierdie is ‘n tyd om soos ‘n span te werk. “Die president het die regte besluit gemaak, ons moet net positief bly. Ons moet mekaar help om sterk en positief te wees tydens die inperktyd. Ek hou myself besig deur te brei en ander inwoners by die tehuis te besoek sodat hulle nie alleen voel nie.”
Dit is belangrik dat ons mekaar aanmoedig, sê Poppie en haar raad aan mense by ander tehuise is “as jy daarvan hou om mense te besoek en te bemoedig soos ek, doen dit om jouself besig te hou. Nie net help jy ander nie, maar ook jouself deur besig te bly. Kuier by mekaar en kry manière om mekaar te motiveer en bly positief.”

Otava Olivier

In haar 94-jaar sê Otava OIivier het sy nog nooit ‘n inperktyd beleef nie, nog minder ‘n virus so erg dat die president die land tot stillstand moes bring. “Maar ek is nie bang nie, en ek ondersteun die president se besluit. Om myself besig te hou doen ek naaldwerk. Ek het heelwat ‘n paar van my kledingstukke wat ek kleiner maak. My boodskap aan bejaardes in ander tehuise, doen goed wat jou laat lag. Lag baie, want lag laat mens vergeet van al die sorge in die lewe.”

Breggie Erasmus

Terwyl daar nogsteeds inwoners is wat nie hou by die reels van die inperktyd nie, deur in die strate rond te dwaal, sê, Breggie Erasmus (87) sy gee nie om om in die huis te bly nie en sy moedig anders, jonk en oud, om te luister na die president. “Hy wil net die beste vir ons hê, so bly asseblief in julle huise.”
Breggie hou baie van lees en sy maak gebruik van hierdie tyd om soveel boeke te lees as wat sy kan. “Gebruik hierdie tyd om besig te bly deur jou gusnteling stokperdjie te doen.”

Pieternella Geldenhuys

Pieternella Geldenhuys (87) sê sy is nie bang nie, en voel veilig. Sy glo die president het die regte besluit geneem. “Gedurende hierdie tyd lees ek baie en kyk TV. Ek bemoedig almal om te vertrou in die Here.”
cheryllee@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 066 326 2011

Related Articles

Back to top button