Man kom om toe brand skuiling in puin lê

Marina Labuschagne, aan wie die skuiling op die kleinhoewe behoort, sê dat daar dringend klere benodig word vir die ander mans, wat al hulle besittings en klere in die brand verloor het.

POLOKWANE – ‘n Inwoner van die Ons Hawe skuiling op Myngenoegen het Donderdagaand in ‘n brand omgekom wat die gebou in puin gelê het.

Die oorledene, Jaco Harmse is ‘n epilepsielyer wat reeds na aandete in die bed gesit is nadat hy sy medikasie geneem het.

Hy was alombekend in die omgewing.

Die brand het teen ongeveer 19:00 uitgebreek.

Die Waaksaamheidsnoodgroep van Myngenoegen was gou op die toneel om hulp te verskaf.

Marina Labuschagne, aan wie die skuiling op die kleinhoewe behoort, sê dat daar dringend klere benodig word vir die ander mans, wat al hulle besittings en klere in die brand verloor het.

“Ons is spesifiek op soek na manshemde in XXXL en nommer- 42-broeke, nommer-36-broeke en ekstra groot hemde, nommer 9-skoene, asook warm klere, slaapklere, komberse, kussings, handdoeke, linne, en handdoeke, aangesien al die skuiling se ekstra voorraad in die brand verwoes is.”

Indien persone ekstra Bybels in die huis het, vra Marina dat hulle dit ook sal skenk.

Sy bedank graag die polisie, munisipaliteit en nooddienstewerkers vir hul spoedige reaksie en bystand.

Diegene wat ‘n bydrae wil maak kan vir Pastoor Okkie Britz skakel by 084 680 5678, of vir Marina by 064 518 0903.

nelie@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 066 326 2011
Exit mobile version