BREAKING NEWS – Inwoner dood na brand by plaaslike shelter

‘n Inwoner van Komarin Shelter op Myngenoegen het glo doodgebrand nadat een van die kamers op die perseel gisteraand (Donderdag) in vlamme uitgebars het. Die oorledene se pa het aan Polokwane Observer gesê die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie. “My seun is ‘n epilepsielyer en hy was ten tye van die …

‘n Inwoner van Komarin Shelter op Myngenoegen het glo doodgebrand nadat een van die kamers op die perseel gisteraand (Donderdag) in vlamme uitgebars het.
Die oorledene se pa het aan Polokwane Observer gesê die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie. “My seun is ‘n epilepsielyer en hy was ten tye van die brand in die kamer. Ander inwoners het glo gesê hulle het twee klapgeluide gehoor waarna die kamer in vlamme uitgebars het,” sê die pa.
Die oorlede se naam is bekend, maar word weerhou totdat die polisie die slagoffer geïdentifiseer het.
Die polisie was glo op die toneel, maar hul kommunikasiebeamptes kon nie bereik word nie weens die besoek van Polisieminister Bheki Cele vandag (Vrydag).

Storie: RC Myburgh

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version