Local NewsNews

Stemboodskap: Vermy kontak, bly tuis, wég van ander!

Adri Knoetze, 'n bekende inwoner van Mokopane, het die belangrikheid hiervan in 'n stemboodskap, wat tans op sosiale media gedeel word, opgesom. Sy het, na 'n persoonlike ondervinding, gevoel dit is haar verantwoordelikheid om ander te waarsku, het sy aan Bosveld gesê.

MOKOPANE: Wees eerder veilig en bly tuis om die gevreesde Koronavirus vry te spring. Indien jy moét uitgaan, handhaaf sosiale afstand van ten minste twee meter.

Die rede vir die huidige toestand van inperking landwyd het grootliks ten doel om kontak tussen persone te verminder, om die verspreiding van Covid-19 te help afplat.

Adri Knoetze, ‘n bekende inwoner van Mokopane, het die belangrikheid hiervan in ‘n stemboodskap, wat tans op sosiale media gedeel word, opgesom. Sy het, na ‘n persoonlike ondervinding, gevoel dit is haar verantwoordelikheid om ander te waarsku, het sy aan Bosveld gesê.

Die tyd tussen blootstelling aan die virus en die begin van die simptome is gewoonlik vyf dae, maar dit kan wissel van twee tot 14 dae.

Deur jouself in isolasie te plaas verminder jy die verspreiding van die virus. Die volgende video illustreer die effek van verspreiding sonder sosiale distansiëring:

Volgens Knoetze het haar tuishulp onlangs positief getoets vir die Koronavirus.

Knoetze en haar gesin is reeds ‘n week al in self-isolasie en wag vir die dokter vir verdere instruksies. Sy vra dat inwoners die realiteit en erns van die virus moet besef.

Bosveld het met Niel Shikwambana, Woordvoerder vir die Departement van Gesondheid in Limpopo, gepraat. Hy kon nie kommentaar lewer op die toetsuitslae nie en wag op die terugvoer van die minister.

Beste leser,
As jou plaaslike nuusverskaffer is dit ons plig om jou ingelig te hou van alle feite rakende COVID-19. Baie fopnuus doen die rondte aanlyn. Caxton Local Media werk gedetermineerd deur massas beskikbare inligting met die doel om waarheid van leuens te onderskei. Sodoende hou ons jou ingelig.
Ons plaaslike nuuskantore volg ‘n streng protokol wanneer dit kom by nuuswerwing en publikasie. ‘n Nasionale taakspan is daargestel om seker te maak dat jy geloofwaardige nuus oor die koronavirus kry.
Lesers met navrae of kommentaar kan ons nasionale groepredakteur, Irma Green (irma@caxton.co.za) of regsadviseur Helene Eloff (helene@caxton.co.za) kontak.

bosveld@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 066 326 2011

Related Articles

Back to top button