Local NewsNews

Is jou kinders veilig?

Ouers in Polokwane is skielik in 'n penarie nadat President Cyril Ramaphosa verlede Sondag aankondig het dat skole hul deure sluit tot na die Paasnaweek.

POLOKWANE – Dit sluit in kleuterskole en nasorg fasiliteite. Waar ouers gewoontlik hulle kinders in die vakansie by dié sentrums aflaai, moes hulle nou skielik ‘n ander plan maak.

Ouers wat beide voldag werk, het in party gevalle nie keuse as om hulle kinders alleen by die huis te los nie. Review het besluit om wenke saam te stel om steeds die veiligheid van jou kinders te verseker.

• Skaf ‘n eerstehulp tas aan met die nodige items en wys jou kinders waar dit is en hoe om dit te gebruik.

• Vra die buurtwag om meer gereeld patrollie te doen.

• Sit nommers van nooddienste waar hulle dit kan bekom. Leer jou kinders om die belangrike nommers te memoriseer. Dit is ook belangrik dat jou kind sy volle naam en van, ouderdom en adres ken asook sy ouers se besonderhede.

• Leer jou kind hoe om die alarmstelsel the gebruik. Hulle moet weet hoe om dit te deaktiveer en ook hoe om die stelsel te aktiveer. As daar paniek knoppies is, moet hulle ook weet waar dit is en hoe om dit te aktiveer.”

• Sorg dat hulle selfone se batterye vol is.

• Maak seker die swembad is veilig.

• Sluit alle skoonmaakmiddels en chemikalie toe.

Teresa van Deventer, ‘n verpleegsuster verduidelik wat alles in ‘n basiese noodhulp tas moet wees.

• Ontsmettingsmiddel.

• Iets vir brand of ‘n brandgel.

• Pleisters.

• Verbande.

• Driehoek verbande.

• Gaas.

• Chirurgiese handskoene.

• Mercurochrome

• Betadine salf.

• Skêr.

• ‘n Haartangetjie.

“Hierdie is die basiese items, Verder kan jy medikasie byvoeg soos nodig. Baie mense sit pynpille, maagpille en naarpille ook by. Of anti histamine.”

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 066 326 2011

Related Articles

Back to top button