Local NewsNews

BREAKING NEWS – Plaasaanval: Soektog na verdagtes

Lede van die polisie en vermoedelik die boeregemeenskap was vroeg vanoggend (Vrydag) op die N1-snelweg naby Mookgophong sigbaar waar hulle vermoedelik na verdagtes gesoek het wat in die vroeg oggendure by ‘n plaasaanval in die omgewing betrokke was. Volgens inligting was daar glo ses verdagtes by ‘n plaasaanval betrokke en drie is glo reeds deur …

Lede van die polisie en vermoedelik die boeregemeenskap was vroeg vanoggend (Vrydag) op die N1-snelweg naby Mookgophong sigbaar waar hulle vermoedelik na verdagtes gesoek het wat in die vroeg oggendure by ‘n plaasaanval in die omgewing betrokke was.
Volgens inligting was daar glo ses verdagtes by ‘n plaasaanval betrokke en drie is glo reeds deur owerhede vasgetrek terwyl die soektog na die ander voortduur.
Drie helikopters is glo ook in die soektog ingespan.
Provinsiale leier van die Demokratiese Alliansie (DA), Jacques Smalle het vanoggend in ‘n persverklaring sy medelye aan die familie betoon.
Die slagoffer, ‘n 79-jarige man en sy 66-jarige vrou se name is bekend, maar word vir eers weerhou totdat die polisie hulle identiteit bekend gemaak het.
Smalle sê die egpaar is glo deur vyf verdagtes op hul plaas in Bad se Loop tussen Modimolle en Mookgophong aangeval. Die man het glo aan sy beserings beswyk terwyl sy vrou die aanval oorleef het.
Volgens Smalle het die verdagte glo met huishoudelik items op die voet geslaan.
Provinsiale polisiewoordvoerder, Moatshe Ngoepe het die voorval bevestig asook dat drie verdagtes reeds aangekeer is.
Ngoepe sê hulle sal van moord, poging tot moord en huisroof aangekla word.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button