Local NewsNews

Higiëne, vleisverkoper het inwoners rooi onder kraag

‘n Man wat glo ‘n geruime tyd in Magnesiet­straat langs China City rou vleis bewerk, gaarmaak en dan verkoop, het omliggende besigheidseienaars die josie in. Polokwane Observer het verlede Woensdag klagtes ontvang en die toneel besoek waar die man, wat beweer hy is van Turfloop afkomstig, besig was om ‘n beeskop met ‘n stuk vel …

‘n Man wat glo ‘n geruime tyd in Magnesiet­straat langs China City rou vleis bewerk, gaarmaak en dan verkoop, het omliggende besigheidseienaars die josie in.
Polokwane Observer het verlede Woensdag klagtes ontvang en die toneel besoek waar die man, wat beweer hy is van Turfloop afkomstig, besig was om ‘n beeskop met ‘n stuk vel aan, te bewerk.
Benewens stukke vleis wat steeds aan die boom gehang en op snyborde en op die grond gelê het, is ‘n bloedbesmeerde mes en byl ook waargeneem.
Brommers het op die beeskop en die houtpalet waarop dit gelê het, toegesak. Aan die oor van die bees was twee etikette en die een het duidelik aangedui dat die bees van Namibië afkomstig was.
Die man het beweer hy het die kop by ‘n plaaslike kettingwinkel gekoop, maar kon geen bewys daarvan lewer nie.
Nadat misdaadbekampers op die toneel opgedaag het, is inligting ontvang dat beeste wel van die buurland ingevoer kan word en dat sommige abattoirs beeskoppe met etikette aan verkoop.
‘n Bron het kommer uitgespreek oor die bewerking en voorbreiding van vleis vir menslike gebruik op ‘n plek wat nie aan die vereiste gesondheidstandaarde voldoen nie en het daarop gewys dat dit ‘n gesondheidsoorlas is.
Polokwane Munisipaliteit se bemarking- en kommunikasiebestuurder, Matshidiso Motha­po het nie teen druktyd op enige navrae gereageer nie.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button