Gemengde welslae toe Pieties, Witbank kragte meet

Die wintersportseisoen het die naweek vir Hoërskool Pietersburg (PHS) afgeskop toe Hoër Tegniese Skool Witbank Saterdag op Pieties se tuisveld toegesak het. Hokkie-, rugby- en netbalspanne het hul beste voetjie voorgesit om vroeg in die seisoen reeds goeie punte te behaal. Op die hokkiebaan het die meisiespanne hul goed van hul taak gekwyt deur nie …

Die wintersportseisoen het die naweek vir Hoërskool Pietersburg (PHS) afgeskop toe Hoër Tegniese Skool Witbank Saterdag op Pieties se tuisveld toegesak het.
Hokkie-, rugby- en netbalspanne het hul beste voetjie voorgesit om vroeg in die seisoen reeds goeie punte te behaal.
Op die hokkiebaan het die meisiespanne hul goed van hul taak gekwyt deur nie een wedstryd te verloor nie. Drie van die wedstryde, waaronder die eerstespan, het gelykop gespeel.
Die seunspanne, insluitend die eerste­span, het al hul wedstryde gewen met die tweedespan wat gelykop geëindig het.
Op die netbalbaan het Witbank geen kans teen Pieties gestaan nie. PHS stap weg as wenners van al 12 wedstryde met verskeie spanne wat met wegholseges geslaag het.
Pieties se rugby­spanne was nie so gelukkig nie en moes hard werk om punte op die telbord bymekaar te maak.
Slegs vier uit die nege spanne kon met ‘n oorwinning slaag – eerstespan 30-7, tweedespan 41-0 en o.15A- en B wat onderskeidelik 36-19 en 45-14 seëvier.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Wian Vermaak, o.16, probeer sy opponent omseil.
Joné Potgieter, o.14 soek ‘n gaping na ‘n spanmaat toe.
Die o.14-netbalspeler, Yolandie van Heerden op die verdediging.
Kaitlin Smith van PHS se o.17-span in aksie.
Die o.15A-speler, Wian Terblanche sit twee punte op die bord met sy skopskoen.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version