Osie ouers bloei vir gemeenskap

Oosskool het hul eerste bloedskenk kliniek vir die jaar op Woensdag, 11 Maart gehad en ongeveer 70 skenkers het opgedaag.

POLOKWANE – Elke dag, elke uur, selfs elke minuut is daar iemand wat bloed nodig het. Nie noodwendig iemand wat in ‘n ongeluk betrokke was nie, maar dalk ‘n vrou wat vir die eerste keer ‘n ma word na ‘n lang en moeilike swangerskap. Of ‘n kind wat met leukemia gediagnoseer is of selfs ‘n slagoffer van geweld. Dus het die SANBD gereelde skenkers nodig. Mense wat elke 56 dae ‘n paar minute afstaan om bloed te skenk. Om hierdie skenkings-proses makliker te maak bied die SANBS bloedskenk klinieke aan in die stad, hetsy by ‘n inkopiesentrum waar jy gou kan skenk terwyl jy daar is, of by ‘n skool waar jy jou kinders moet af en oplaai.

Oosskool het hul eerste bloedskenk kliniek vir die jaar op Woensdag, 11 Maart gehad en ongeveer 70 skenkers het opgedaag.

Nuwe gr. 1 juffrou, Carla Kruger, vertel sy skenk bloed aangesien sy aan hemochromatosis ly. “Waar party mense se liggame nie genoeg yster opneem uit die kos wat hulle eet nie, neem my liggaam te veel yster op. Om my ystertelling laag te hou moet ek gereeld bloedskenk. Oormatige yster word in ons organe, soos lewer, hart en pankreas gestoor kan lewensgevaarlike toestande, soos lewersiekte, hartprobleme en diabetes veroorsaak.”

Delinette Oberholzer neem ‘n yster-aanvulling en baie vloeistowwe nadat sy bloed geskenk het.

Een van die mammas wat ook haar deel kom doen het, Delinette Oberholzer, vertel deur bloed te skenk forseer sy haar liggaam om nuwe bloed te maak. “Nadat ek bloed geskenk het, werk die liggaam om die verlies weer op te maak. Dit stimuleer die produksie van nuwe bloedselle wat weer help dat jy gesond bly. Hierdie is die 27ste keer wat ek skenk.”

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 066 326 2011
Exit mobile version