[VIDEO] ‘Mense reik soveel uit na ons’

‘n Artikel is twee weke gelede in Review geplaas waarin Zandré Jacobs se ma, Santa Mocke, ‘n beroep gedoen het op moontlike geskikte skenkers vir ‘n lewer vir haar dogter. Sy sê hulle is oorstelp oor al die hulp en gebede wat opgaan vir die gesin.

POLOKWANE – Zandré Jacobs, ‘n 15-jarige. gr. 10-leerder van Hoërskool Pietersburg, moet ‘n nuwe lewer  kry binne die volgende ses maande. ‘n Artikel is twee weke gelede in Review geplaas waarin Zandré se ma, Santa Mocke, ‘n beroep gedoen het op moontlike geskikte skenkers vir ‘n lewer vir haar dogter. Sy sê hulle is oorstelp oor al die hulp en gebede wat opgaan vir die gesin.

Zandré is in Maart 2017 gediagnoseer met auto-imuun hepatitis, waar die witbloedselle haar lewerselle aanval. Intussen het haar toestand versleg en is sirose op haar lewer gediagnoseer, en bloed kan nie meer deur haar lewer gaan om gesuiwer te word nie. Dit veroorsaak poliepe orals in haar lyf.

Slegs die linkerlob van ‘n lewer word gebruik tydens ‘n skenking, en die lewer groei weer tot sy oorspronklike grootte. Santa sê dat mense wat wil skenk in ag moet neem dat dit ‘n tydsame proses is.

Mense wat wil help kan vir Santa WhatsApp by 060 649 8167. Daar is ook ‘n Facebook bladsy, Zandré oorplanting, wat mense kan ‘like’.

nelie@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 066 326 2011
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version