Graad 9A en 12A vanjaar se kaskarwenners

Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se terrein is in ‘n renbaan omskep tydens die jaarlikse kaskarresies wat Vrydag aangebied is. Met verskeie pryse op die spel was dit graad 9A en graad 12A wat as wenners van die kaskarresies aangewys is nadat hulle in die junior en senior afdeling onderskeidelik die meeste rondes voltooi het. …

Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se terrein is in ‘n renbaan omskep tydens die jaarlikse kaskarresies wat Vrydag aangebied is.
Met verskeie pryse op die spel was dit graad 9A en graad 12A wat as wenners van die kaskarresies aangewys is nadat hulle in die junior en senior afdeling onderskeidelik die meeste rondes voltooi het.
Graad 9A het 104 rondes afgelê terwyl graad 8A (102) en graad 8E (93) se prestasie hulle onderskeidelik die tweede en derde plekke besorg het.
In die senior afdeling het graad 12A met 132 rondes met die louere weggestap gevolg deur graad 11A (116) en graad 10A (96) wat die tweede en derde plek op die podium ingeneem het.
Die geleentheid is Tommies se grootste geldinsamelingsprojek en grade wedywer om te kyk wie die meeste kontant of produkte kan insamel wat vir verbetering aan die skool aangewend word.
Graad 8 het die meeste kontant van R100 056 ingesamel terwyl graad 9 met R52 856 spog. Graad 12A het produkte ter waarde van R27 215 bymekaargemaak.
Nadat die meeste kontant per klas bepaal is, het graad 8A (R54 847) en graad 12A (R21 095) as junior en senior wenners onderskeidelik uit die stryd getree.
Die totale waarde van al die produkte wat ingesamel is, is R125 629 en die totale kontant R220 849.
Die skool het leerders, onderwysers, ouers en ondersteuners bedank vir hul aandeel om die geleentheid suksesvol aan te kon aanbied asook vir die gemeenskap se volgehoue ondersteuning aan die skool.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Wenners van die senior-afdeling, graad 12A se Arrie Haw (bestuurder) met Elizabeth Sekgobela en Abram Sekgobela wat stoot.
Lehlogonolo Letsoalo hou die kaskar op die pad terwyl Talent Ngobeni en Kevin Gelebe mannekrag inspan.
Dewan Crowder agter die stuur terwyl Claudio Da Costa en Ruan Joubert poeier gee.
Nikita Botha bestuur terwyl Henry Human en Jodéne Smit sorg vir genoeg spoed.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version