Piet Pot gereed vir Interhoër

Daar is gespog, gesing en gedans tydens die "Groot Brag" van Hoërskool Piet Potgieter voor die 57ste Bosveld Interhoër wat Saterdag by Hoërskool Nylstroom op Modimolle gehou word.

MOKOPANE –  Leerders, onderwysers en ouers se harte het warm geklop met die bekendstelling van die atlete en sangers sowel as die dirigente op die skool se rugbyveld. Met die tema “My hart klop vir Piet Pot” is die atlete en sangers slaggereed om die Interhoërbekers huistoe te bring. Die dirigente het ook gespog in hulle klere, maar dit is nog ‘n geheim en kan eers Saterdag gesien word met die dirigente-opkoms.

Die sangers vang gees.
Die atlete kom op die veld aan.
Die sangers is gereed om die pawiljoen te laat bewe.

bosrep@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

 

Exit mobile version