Bekende wildsboer sterf op R101 pad

Die botsing het tussen Mokopane en Mookgophong plaasgevind

MOKOPANE – ‘n Tromp-op botsing wat Vrydag plaasgevind het op die R101 tussen Mokopane en Mookgophong het die lewe van ‘n bekende wildsboer van die Sterkrivier area geeis.

Niel Barnard is enkele oomblikke nadat sy bakkie teen die voertuig van ‘n koeriermaatskappy gebots, het oorlede.

Na bewering het die koerierdienste se bakkie uitgeswaai vir ‘n voertuig wat voor hom remme aangeslaan het. Die bakkie het in die aankomende verkeer beland en tromp-op met Barnard se voertuig gebots.

Die bestuurder van die koerierdienste se bakkie is in die hospitaal met ‘n gebreekte arm en been en sy assistant is reeds ontslaan.

‘n Forensiese ondersoek is nog aan die gang.

Barnard se familie was te geskok om met Bosveld te gesels. Hy laat sy ouers, broer, vrou en drie kinders na.

Barnarnd word vanmiddag om 16:00 onder die Maroelaboom op die plaas Rietfontein in die Sterkrivier area te ruste gelê.

bosnews@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Exit mobile version