NewsSchools

Skaterlag en skattejag op die Vories se agenda

Die Doornkraal Voortrekkers het verskeie interessanthede op hulle skattejag-roete aangetref.

POLOKWANE – Skattejag en skaterlag was op die Doornkraal Voortrekkers se agenda toe die groep opgewonde by die Polokwane Jukskeibaan bymekaar gekom het op Saterdag, 22 Februarie.

Vroeg reeds het die opwinding oorgeneem en die Vories was gereed.

By die baan het hulle gou geleer hoe maklik (of moeilik) dit is om jukskei te speel nadat Anton Botha die reëls van die basiese spel verduidelik het. Die Voortrekkers het ‘n paar rondtes gespeel waarna hulle na die Katolieke Kerk vertrek het. By dié kerk het hulle na die plek gaan soek waar lang-afstand fietsryer, Kazimierz Nawok, met sy fiets verby gery het. Hulle het ook die geleentheid gehad om in die kerkgebou rond te loop.

“Volgende is ons na die Moth’s waar ons meer geleer het oor die verskeie oorloë asook die wapens en klere wat hulle gebruik het tydens die oorlog. Ons het ook ‘n draai gaan maak by die Voortrekkerpark waar daar ossewa spore in die sement afgedruk is tydens die Groot Trek,” vertel Dehan Wepener, staatmaker en offisier.

Dehan vertel alhoewel die skattejag, wat hierdie jaar vir die derde keer aangebied is, gewoonlik ‘n kompetisie is, het hy besluit om dit effens anders te maak en dat almal in een groep na die verskeie plekke te reis.

Volgende op die roete was die stadsplein waar daar meer as 14 bronsbeelde is wat die geskiedenis uitbeeld. Hulle tweede laaste punt was Pierre Piennaar wat hulle in sy huis in genooi het. Dié huis het hy omskep in ‘n museum waar hy al sy versamelstukke uitstal.

“Ons het die dag afgesluit met heerlike melkskommels by Mike’s Kitchen waar daar ‘n groot waterwiel is wat ons besigtig het.”

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button