Maritz se saak nie op hofrol

Die strafregtelike saak waarin Marcelle Maritz, leier van die Vr yheidsfront Plus in Limpopo, verskyn is Maandag, 17 Februarie in die Landdroshof in Mokopane uitgestel tot verdere kennisgewing nadat dit nie op die rol geplaas was vir aanhoor nie.

MOKOPANE – Maritz het vroegoggend by die hof opgedaag nadat die DA se Limpopo Nasionale Raad van Provinsies lid, Beyers Smit en DA-Limpopo Provinsiale Voorsitter, Geoffrey Tshibvumo, verlede jaar strafregtelike klagtes teen haar aanhangig gemaak het.

Lees meer: [LISTEN] Claims over K-word: Lim FF+ Leader in hot water

Bosveld het verlede jaar berig oor ‘n beweerde video wat uitgelek het waarin Maritz skynbaar ‘n rassistiese opmerking maak. Die opname is na bewering in die Dierebeskermingsvereniging se kantore gemaak waar Maritz eers werksaam was as bestuurder.

Lees meer: Lim FF+ Leader denies using ‘k-word’

Smit het kort na die video bekend gemaak is, ‘n strafregtelike klag teen Maritz ingedien en ook die saak by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommisie aangemeld ter wyl Jacques Smalle, DA se Provinsiale leier, versoek het dat die Etiese Komitee van die Limpopo Wetgewer die saak moet ondersoek.Smit verduidelik dat hy wel nie by die hofverskyning was nie aangesien die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie nou die aanklaer geword het en dat hy net ingeroep sal word sou hulle dit nodig vind vir ‘n getuie.

Hy sê verder dat dit vir hom kommer wekkend is dat die saak nie op die rol verskyn het nie.Maritz het by die landdroshof aan Bosveld gesê dat sy die saak so spoedig moontlik afgehandel wil kr y sodat sy haar reputasie kan herstel en kan aanbeweeg met die dinge wat saakmaak. “Daar is so baie mense daar buite wat werklik hulp nodig het, ter wyl ek my tyd moet mors om in die hof te verskyn oor iets wat ek nie gedoen het nie.”

bosnews@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Exit mobile version