NewsSchools

Suidskool se graad 7-leerders hou sokkie by Eeufeeshuis

Die graad 7-leerders van Pie­tersburg Laerskool het onlangs die inwoners van Eeufeeshuis met eet- en drinkgoed sowel as ‘n mooimaaksessie en sokkie bederf. Volgens die skool se skakelbeampte, Charlotte van den Berg reik graad 7-leerders jaarliks uit na die instansie deur te sorg dat inwoners opgesmuk word voordat hulle die saal op hul perseel se …

Die graad 7-leerders van Pie­tersburg Laerskool het onlangs die inwoners van Eeufeeshuis met eet- en drinkgoed sowel as ‘n mooimaaksessie en sokkie bederf.
Volgens die skool se skakelbeampte, Charlotte van den Berg reik graad 7-leerders jaarliks uit na die instansie deur te sorg dat inwoners opgesmuk word voordat hulle die saal op hul perseel se vloer blink skoffel.
Die leerders reël vir borgskappe met plaaslike besighede om inwoners se hare te versorg en gesigte te grimeer terwyl hulle vanjaar ook ‘n springmielie- en spookasemmasjien geleen het om tot die pret van die geleentheid by te dra.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

‘n Groep graad 7-leerders ge­reed om te sokkie en die inwoners van Eeufeeshuis te bederf.

Related Articles

Back to top button