Gewigstootbal in die hand lyk Ruinelda’s toekoms blink

Rinelda van der Linde is een van die atlete van Hoërskool Pietersburg wat tydens die onlangse atletiekbyeenkomste rekords behoorlike laat spat het.

POLOKWANE – Sy is ‘n kranige atleet en met diskus en gewigstootbal in die hand lyk die toekoms vir haar blink. Sy het by die grade atletiek sowel as die Janus Robberts atletiekbyeenkoms die staande rekords laat spat met die laasgenoemde wat sy verbeter het in die meisies o/17 gewigstoot-item.

Die volgende rekord is reeds op haar kerfstok as sy by Hoërskool Merensky, in Tzaneen gaan deelneem, dié rekord staan reeds van 2004 af. Met haar persoonlike beste van 14,66 m, is die bestaande rekord van 14,40 m in haar versier.

Sy vertel dat die geheim tot haar sukses, harde werk is en dat sy altyd gefokus bly op dit wat sy wil behaal.

“Soos my afrigter, Antoinette Jordaan vir my sê, as jy te veel dink in die ring, sing vir jouself ‘n liedjie en doen wat jy moet, jou liggaam sal volg, hy weet wat om te doen,” vertel sy.

Rinelda se raad aan ander is om te onthou wat jy geleer het en om in jouself te glo, die res sal volg. As die atletiekseisoen verby is vertel sy gaan sy nie slap lê nie maar aanhou oefen vir die 2021-seisoen.

“Ek het vorige jare rustig geraak na die atletiekseisoen, maar ek oorweeg om iets soos jukskei of ringtennis te begin speel om my aktief te bly,” voeg sy by.

Sy vertel dat alles wat sy tot dusver bereik het nie sonder die ondersteuning van haar afrigter en familie moontlik sou wees nie. Sy kan nie genoeg dankie sê vir dit wat hulle vir haar doen en beteken nie.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 066 326 2011
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version