NewsSchools

PHS blink uit tydens Janus Robberts atletiekbyeenkoms

Daar was byna nie ‘n plek vir ‘n muis op Hoërskool Pietersburg (PHS) se sportveld tydens die skool se jaarlikse Janus Robberts Uitnodigingsbyeenkoms wat Vrydag aangebied is nie. Skole van regoor die provinsie het die geleentheid gebruik om vir die strawwe atletiekseisoen voor te berei en ook om hul provinsiale teenstanders in die oë te …

Daar was byna nie ‘n plek vir ‘n muis op Hoërskool Pietersburg (PHS) se sportveld tydens die skool se jaarlikse Janus Robberts Uitnodigingsbyeenkoms wat Vrydag aangebied is nie.
Skole van regoor die provinsie het die geleentheid gebruik om vir die strawwe atletiekseisoen voor te berei en ook om hul provinsiale teenstanders in die oë te kan kyk.
PHS se atlete het hul beste voetjie voorgesit en met meeste van die individuele toekennings weggestap. Cor Muller is as senior Victor Ludorum asook beste seunsbaanatleet aangewys. Michelle Claassens stap weg as senior Victrix Ludorum terwyl Rinelda van der Linde vir haar beste enkele prestasie in gewigstoot bekroon word. Niel Smit is gekroon vir sy beste enkele prestasie in diskus en word aangewys as beste seunsveldatleet.
Die ander toekennings is deur Jaymee Pretorius (junior Victrix Ludorum en beste meisiesbaanatleet) van Hoërskool Ben Viljoen, Dankuru Tsepang (junior Victor Ludorum) van Hoërskool Ellisras en Marizelle Schoeman (beste meisiesveldatleet) van Hoërskool Ben Viljoen opgeraap.
Skoolhoof, Willie Schoeman het skole, borge, ouers en personeel vir hul ondersteuning om die dag moontlik te maak, bedank.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Tommies se Marnus de Klerk slinger ‘n diskus.
Pieter Uys van Pieties kry hoogte in driesprong.
Armand Ferreira van Tommies laat waai met spiesgooi.
Pieties se Henry van Wyk vorder goed in die langafstande.
Kevin Gelebe van Tommies gee lang treë tydens die driesprong.
Jan-Hendrik Weyer van PHS skop die laaste hekkie plat.
Reuben Weyer van PHS maak gereed vir diskus.
Yohji Brown van PHS lig sy bene hoog om oor die hekkie te kom.
Marais Hattingh van Pieties in aksie tydens driesprong.
Lize-Mari Claassens van PHS seil oor die hekkies.
Tebogo Maleka en Masilo Makgawa verteenwoordig Tommies in die langafstande.

Related Articles

 
Back to top button