NewsSchools

PHS hou Vrydag Janus Robberts Uitnodigingsbyeenkoms

Die jaarlikse Janus Robberts Uitnodigingsbyeenkoms wat more (Vrydag) by Hoërskool Pietersburg (PHS) aangebied word, beloof oudergewoonte groot kompetisie onder baan- en veldatlete van verskeie skole regoor die provinsie. Robberts, oud-Pietie en gerekende sportman, bekend vir sy uitstaande atletiekprestasies oor die jare heen, word vanjaar weer eens vereer vir sy besonderse ambassadeurskap vir atletiek, maar ook …

Die jaarlikse Janus Robberts Uitnodigingsbyeenkoms wat more (Vrydag) by Hoërskool Pietersburg (PHS) aangebied word, beloof oudergewoonte groot kompetisie onder baan- en veldatlete van verskeie skole regoor die provinsie.
Robberts, oud-Pietie en gerekende sportman, bekend vir sy uitstaande atletiekprestasies oor die jare heen, word vanjaar weer eens vereer vir sy besonderse ambassadeurskap vir atletiek, maar ook vir PHS, op verskeie wêreldverhoë.
Volgens die skool se skakelbeampte, Elmari Craig, is PHS se jaarlikse vriendskaplike byeenkoms in 2017 na Robberts vernoem.
Hy het in 1997 aan PHS as lid van die senior verteenwoordigende leerderraad en koshuishoofseun gematrikuleer.
Verlede jaar is dertien nuwe rekords opgestel en skole se talent lyk belowend om vanjaar se byeenkoms weer eens ‘n onvergeetlike geleentheid te maak.
Atlete sal ook vir individuele toekennings soos junior en senior Victor en Victrix Ludorum, beste veld- en baanatleet en beste enkele prestasie meeding.
Verlede jaar het Mukhetwa Thsifura van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé met die toekenning as junior Victor Ludorum weggestap terwyl PHS se Marcelle de Jager as senior Victor Ludorum aangewys is. Mukhetwa is as beste seunsveld­atleet aangewys. PHS se Rinelda van der Linde was senior Victrix Ludorum terwyl Chinique Brown as beste meisiesbaanatleet aangewys is.
Vanjaar se deelnemende skole is PHS se A- en B-span, Hoërskool Ben Viljoen van Groblersdal, Hoërskool Ben Vorster en Merensky van Tzaneen, Hoërskool Frans du Toit van Moookgophong, Hoërskool Ellisras en Hoër Tegniese Skool Tom Naudé.
Volgens Craig open die hekke om 12:00 en klap die eerste skoot om 13:15. Toegangsgeld beloop R10 per persoon en R20 per voertuig en verversings word te koop aangebied.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Miemie Saaiman, o.17, van PHS vlieg oor die hekkies tydens verlede jaar se byeenkoms.
Zander de Ridder, o.19, van PHS in aanloop tydens driesprong.
JP Venter van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé, o.17, laat waai met die gewigstootbal.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button