Atlete wys talent tydens Osies-atletiekbyeenkoms

Atlete van Laerskool Pietersburg-Oos het hul goed van hul taak gekwyt tydens die skool se eerste vriendskaplike atletiekbyeenkoms wat Saterdag op hul tuisveld deur Pietersburg Laerskool, Laerskool Louis Trichardt en Laerskool Krugerpark van Mokopane ondersteun is. Genoeg eet- en drinkgoed was te koop terwyl atlete sake op die atletiekbaan uitgespook het. Dit was Oosskool se …

Atlete van Laerskool Pietersburg-Oos het hul goed van hul taak gekwyt tydens die skool se eerste vriendskaplike atletiekbyeenkoms wat Saterdag op hul tuisveld deur Pietersburg Laerskool, Laerskool Louis Trichardt en Laerskool Krugerpark van Mokopane ondersteun is.
Genoeg eet- en drinkgoed was te koop terwyl atlete sake op die atletiekbaan uitgespook het.
Dit was Oosskool se eerste vriendskaplike byeenkoms en dus is geen wenskool aangewys nie en word die geleentheid gesien as oefening en voorbereiding vir die atletiekseisoen.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Joshua Allers van Oosskool tydens die gewigstoot vir seuns o.10.
Hanno Kotze, o.11, van Suidskool laat waai tydens verspring.
Marthinus de Wet, o.11, probeer hoogte kry tydens verspring.
Die o.12-atleet, Dominique Reynolds van Suidskool wys hoe dit in diskus gedoen word.
Exit mobile version