NewsSchools

Suidskool-leerders berei voor vir atletiekseisoen

Onderwysers en afrigters het Vrydag tydens Pie­tersburg Laerskool se jaarlikse huissport atlete met ‘n fyn oog dopgehou om talent onder hulle te identifiseer sodat hulle goed afgerig kan word vir die atletiekseisoen wat voorlê. Atlete het in kort- en langafstande sowel as velditems soos verspring, spiesgooi en gewigstoot deelgeneem. Leerders is volgens hulle vanne in …

Onderwysers en afrigters het Vrydag tydens Pie­tersburg Laerskool se jaarlikse huissport atlete met ‘n fyn oog dopgehou om talent onder hulle te identifiseer sodat hulle goed afgerig kan word vir die atletiekseisoen wat voorlê.
Atlete het in kort- en langafstande sowel as velditems soos verspring, spiesgooi en gewigstoot deelgeneem.
Leerders is volgens hulle vanne in die wit-, groen- en blouspan ingedeel. Die witspan is as algehele wenners aangewys terwyl die blouspan met die geesbeker weggestap het.
Dit was ook die gulde geleentheid vir atlete om voor te berei vir ‘n vriendskaplike byeenkoms wat Saterdag by Laerskool Pietersburg-Oos aangebied word.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Die o.10-naellopers, Xanté Cilliers en Carla Brits, sê mekaar die stryd aan.
Llewelyn Briel, o.10, maak skoonskip onder sy mede­dingers.
Kelvin Swart, o.12, gee sy beste tydens verspring.

Related Articles

Back to top button