NewsSchools

Bosbokke seëvier tydens Tommies se bokkesport

Hoër Tegniese Skool Tom Naudé was Vrydag ‘n miernes van bedrywighede tydens die skool se jaarlikse bokkesport. Atlete het hul beste voetjie voorgesit om nie net punte vir hul onderskeie spanne bymekaar te maak nie, maar om weer in pas te kom vir die atletiekseisoen wat voorlê. Die bosbokke het die dag met 798 punte …

Hoër Tegniese Skool Tom Naudé was Vrydag ‘n miernes van bedrywighede tydens die skool se jaarlikse bokkesport.
Atlete het hul beste voetjie voorgesit om nie net punte vir hul onderskeie spanne bymekaar te maak nie, maar om weer in pas te kom vir die atletiekseisoen wat voorlê.
Die bosbokke het die dag met 798 punte gewen terwyl die rooibokke die tweede plek met 748,5 punte behaal. Die springbokke eindig in die derde plek met 694,5 punte.
Vier rekords is ook tydens die byeenkoms verbeter. Khubura Abubakar, o.14, behaal ‘n hoogte van 1,42 m in hoogspring terwyl die o.16-verspringatleet, Tia Mamabolo met ‘n afstand van 5,97 m die nuwe rekordhouer is.
In diskus laat Sunet Viljoen se afstand van 27,3 m die rekord spat terwyl Claudio da Costa die nuwe rekord in spiesgooi met ‘n afstand van 48,2 m vir o.19 seuns opstel.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Sunet Viljoen, o.17, in aksie met diskus. Sy verbeter die rekord met ‘n afstand van 27,3 m.
Thoriso Mashaba, o.17, spring ver.
Dylan Botha, o.17, sit al sy krag agter die gewigstootbal.

Related Articles

Back to top button