POLOKWANE – Die eerste dag van skool is al sinoniem met trane wat van ouers en leerders se wang afrol. In die laaste paar jaar het ‘n watertekort al sinoniem met Polokwane geraak en Review wou by die gr. 1 leerders van Pietersburg Laerskool (PLS) hoor, of hulle dink mamma en/of pappa het genoeg gehuil om hierdie probleem op te los.