Uitgaande gr.12’s deel wenke

Marné Ebersohn Akademie se gr. 12-klas van 2019 sien uit na 'n blink toekoms waarvoor daar reeds groot planne gemaak is.

POLOKWANE – Hulle deel hierdie planne vandag, en gee ook ‘n paar wenke vir die klas van 2020.

Michelle Norman se droom is om die veld van natuurbewaring of tegnologie te betree. Haar sleutel tot sukses, vertel sy, is die deurwerk van ou vraestelle en om aktief deel te neem in die klas. Haar raad vir gr 12-leerders is om van die begin af hard te werk en selfs ekstra klasse by te woon omdat dit baie help.
Michaela Partridge gaan studeer om ‘n kinderkinetikus te word. Haar leermetode is om ou vraestelle uit te werk wanneer sy leer, en sy meen dit is sommer ook goeie oefening vooraf sodat sy kan sien waar sy fouteer. Haar raad aan gr.12-leerders is ‘glo in jouself’. “Bly sterk in jou geloof en kies vir jou ‘n Bybelvers om jou deur die dae te help.”
Deoné Steynberg se toekomsplanne sluit vir eers ‘n oorbruggingsjaar in. Sy het by ‘n program aangesluit wat haar nader aan haar passie van natuurbewaring sal bring.
Wat matriekstudies aanbetref, sê Deoné sy het meestal ou vraestelle uitwerk. “Gr. 12 is moeilik maar almal gaan daardeur. Hou by jou resep wat jy deur hoërskool gevolg het en jy sal suksesvol wees.”
Cole Gilburt gaan na Pretoria om bedryfsingenieurswese te studeer. Sy sleutel tot sukses is om deur die werk te lees tot jy alles verstaan en as dit by vakke kom soos wiskunde, oefen oor en oor. Sy raad aan gr. 12-leerders is om te ontspan want dis nie so moeilik soos hulle dink nie.
Dewald du Toit se kop staan besigheid toe en hy wil graag in dié rigting studeer. Sy raad in terme van studies is dat hy altyd ‘n breuk geneem het na ‘n uur van studeer, en so voortgaan totdat hy tevrede is. “Leer hard van die begin af,” is sy raad.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Exit mobile version