Local NewsNews

Kunsskool sluit 2019 af met geselligheid

Studente van Marlize Kenmuir Art Studio het onlangs hul nuutste kunswerke by ‘n uitstalling in die stad vertoon. Die kunsskool het twee jaar gelede met een student afgeskop en kon vanjaar met 72 opkomende kunstenaars tussen die ouderdomme van ses en 60 jaar afsluit. Eienaar van die ateljee, Marlize Kenmuir sê dat kuns vir haar …

Studente van Marlize Kenmuir Art Studio het onlangs hul nuutste kunswerke by ‘n uitstalling in die stad vertoon. Die kunsskool het twee jaar gelede met een student afgeskop en kon vanjaar met 72 opkomende kunstenaars tussen die ouderdomme van ses en 60 jaar afsluit.
Eienaar van die ateljee, Marlize Kenmuir sê dat kuns vir haar is soos om ‘n storie te skryf, maar sonder woorde. Sy lê egter klem daarop dat die weergawe van dié storie gebeur met beplanning en deur die onderwerp daarvan te verstaan én te ken. “Dit is nodig om die visie te hê hoe om die ‘viewer’ se oog en emosie deur die skildery te neem,” meen sy.
Kenmuir konsentreer daarop om studente bewus te maak van wat hulle sien. “Mens kyk met jou oë, maar sien met jou brein”. Sy het ‘n metodiese manier van klasgee waar sy met kreatiewe, en energieke een-tot-een kommunikasie, studente leer hoe om sketsbeplanning te doen, werkspasie te organiseer, visie te hê in wat hulle beplan en hoe om hul vrese te oorkom. Sy help haar studente ontwikkel in genres met kreatiewe idees, visuele stimulasie en bo alles, leer sy hulle hoe om pret te hê met kuns.

Storie/foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Jong kunstenaar, Isabel Bezuidenhout met haar pa, Connie by haar werk getiteld ‘Olie op ‘n bord’.
Marlize Kenmuir en haar vriendin, Adri du Pont verkeer gesellig by die kunsuitstalling.

Related Articles

Back to top button