Pietersburg Laerskool het onlangs hulle beste van die bestes, die top leerders in sport, kultuur asook akademie, aangewys.
Die top 10 leerders in gr. 6 is Lohandi Schutte. Duhan Haasbroek. Monique Grobler . Marlize Gerritsen en Thari Wepener voor, saam met Dominique Faul, Biyanique Erwee, Zoë Erasmus, Shané Erasmus en Carli Enslin agter.
POLOKWANE – Die leerders is vereer by ‘n spesiale geleentheid by die skool. Die top leerders in elke graad is aangewys en met sertifikate vir hulle harde werk beloon. Leerders het hard gewerk deur die jaar om punte bymekaar te maak in toetse en eksamens om te verseker dat hulle bo aan die lys bly met die hoogste standaard en persentasie.
Van die leerders is reeds van gr. 4 af in die top 10 en dis hulle mikpunt om elke jaar daar te bly en nog beter te presteer.