NewsSchools

PLS bekroon hulle top 10 in eke graad

Pietersburg Laerskool het onlangs hulle beste van die bestes, die top leerders in sport, kultuur asook akademie, aangewys.

POLOKWANE – Die leerders is vereer by ‘n spesiale geleentheid by die skool. Die top leerders in elke graad is aangewys en met sertifikate vir hulle harde werk beloon. Leerders het hard gewerk deur die jaar om punte bymekaar te maak in toetse en eksamens om te verseker dat hulle bo aan die lys bly met die hoogste standaard en persentasie.

Van die leerders is reeds van gr. 4 af in die top 10 en dis hulle mikpunt om elke jaar daar te bly en nog beter te presteer.

Die top 10 leerders in gr. 4 is Marelie van der Merwe, Anja Smit, Danelle Pretorius, Richelle Berry en Jamie-Lynn Kelly voor, saam met Juané Boshoff, Leané Lourens, Mieke Naumann, Monique van Aswegen en Johan Loots agter.
Die top 10 leerders in gr. 5 is Ronel Brits, Arnich Bierman, Emily Lange, Martinette Potgieter en Li-Mei Wessels voor, saam met Zaurich Jordaan, Miani Vosloo, Miné van der Veen, Lourens Swanepoel en Keziah Zanna agter.
Die top 10 leerders in gr. 7 is Mikyla Stoltz, Adelay Branders, Marnigh Brits, Henko du Toit en Armi Erasmus voor, saam metr Jahndré Boshoff, Joshua Robinson, Amelie Franken, Hané du Toit en Shelby Cronje agter.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button