NewsSchools

As ek ‘n ander letter kon wees…

Op Vrydag, 1 November was dit ABC-dag en leerders moes aantrek volgens die eerste letter van hulle naam of van. Review het by hulle gaan hoor as hulle 'n ander letter kon gebruik, wat sou dit wees en waarom.

POLOKWANE – Oosskool leerders is baie kreatief en trek gereeld volgens verskillende temas aan. Op Vrydag, 1 November was dit ABC-dag en leerders moes aantrek volgens die eerste letter van hulle naam of van. Review het by hulle gaan hoor as hulle ‘n ander letter kon gebruik, wat sou dit wees en waarom.

Mosima Selolo is ‘n mamma maar vertel sy sou ‘B’ gekies het, aangesien dit vir baba staan en sy baie van babas hou.
Early-B word uitgebeeld deur Louwen Boshoff. “As ek ‘n ander letter kon kies, sou ek ‘J’ vir jagter kies.
Schalk Eagar is ‘n spinnekop maar hy hou baie van olifante en wil graag ‘n ‘O’ kies vir olifant.
Evelyn van Niekerk beeld Egipte uit en vertel sy sou graag ‘n ‘M’ wou kies vir ‘n muis.
Fritz van Rooyen is Faf de Klerk. “Ek sou ‘A’ kies vir apie, want ek gedra my soms soos een.”
Gerhard Swan is ‘n golfspeler, maar sou graag ‘F’ kies om Faf de Klerk te wees.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button